Jan Willem Spruyt

Jan Willem Spruyt

Staatsekretaris van die Oranje-Vrystaat
Ampstermyn
Januarie 1856 – 1862

Ampstermyn
1860... – ...1862 (periodiek)
Voorafgegaan deur M.W. Pretorius
Opgevolg deur M.W. Pretorius

Staatsekretaris van die Zuid-Afrikaansche Republiek
Ampstermyn
November 1866 – 1869

Persoonlike besonderhede
Gebore 4 Julie 1826
Uithoorn, Nederland
Sterf 8 September 1908 (op 82)
Inanda, Natal
Eggenoot/-note Elizabeth Emma Hanger (1856)
Professie Onderwyser, staatsapmtenaar, regsagent
Religie Nederduits Gereformeerd

Jan Willem Spruyt, ook wel J.W. Spruyt, (Uithoorn, Nederland, 4 Julie 1826 – Inanda, Natal, 8 September 1908), ook bekend as Jan Willem Spruijt en Jan Willem Landskroon Spruijt (doopnaam), was 'n Suid-Afrikaanse staatsamptenaar en prokureur van Nederlandse herkoms. Spruyt was die Staatsekretaris (1856-1862) en met verskeie geleenthede waarnemende Staatspresident van die Oranje-Vrystaat en ook Staatsekretaris van die Zuid-Afrikaansche Republiek (1866-1869).

Spruyt het in Nederland grootgeword en in die regte studeer, nooit sy studies voltooi nie en as 'n onderwyser gewerk voordat hy na die suidpunt van Afrika vertrek het. In suidelike Afrika was hy 'n prokureur in beide Boere republieke. Kort na sy aankoms is hy ook vinnig aangestel in die administrasie van die Oranje-Vrystaat en was in 'n magtige posisie as Staatsekretaris. In hierdie hoedanigheid het hy verskeie kere tussen 1860 en 1863 in die plek van Staatspresident Pretorius waargeneem as Staatspresident. In die laaste kwart van die negentiende eeu het heelwat Afrikaner-politici en staatsamptenare in beide Boere republieke gedien. Spruyt was ook een van hulle en hy het sy loopbaan afgesluit as staatsekretaris van die Zuid-Afrikaansche Republiek.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search